Ek het ‘n storie om vandag te vertel. Hier waar ek in my kombuis sit, met die lieflike berguitsig deur my venster, wil ek hoop oordra aan diegene wat dit nodig mag hê.

Ons almal het ‘n pad wat hul hier op aarde moet stap. Joune is dalk vol seer en hartseer. Jy mag dalk ‘n geliefde verloor het, dalk gestremd wees. Dalk in ‘n hopelose huwelik wees of net eensaam en alleen.
Dra jou seer… maar staan dan op!
Jy is nie alleen nie, daar buite help ons mekaar deur ons gebede. Ek sal graag my hartseer wil deel van die afgelope paar jare, maar ek wil ook die genesing en verdieping van my geloof met jul deel.
Tot volgende keer.
Uit my Plaaskombuis
