Welkom by die aanlyn plaashuis!
Tuiste van die beste Suid-Afrikaanse plaas-produkte
Ons storie
Die terug verlang na ‘n onvergete kindertyd het Gwerna Padstal 16 jaar gelede laat realiseer.
Die saad was reeds baie jare gelede in my eie Ma se plaaskombuis geplant, waar die groot beskuite stomend op die houttafel gestaan het en die blatjang in erde skottels op die koolstoof geprut het. Vars koekie geure in die lug en goudgeel perskes op droograkke in die son. Die onthou… en die geure.
Ek wou graag die onthou vasvang in my gebak en produkte, vir ons kinders en kleinkinders en vir die oues van dae sodat hul weer herinnering kan hê.
Omstandighede het ‘n aanlynwinkel genootsaak wat kliente makliker toegang gee tot my produkte en die vars produkte van die boorde in die Langkloof. Ek hoop dat u ook daarby baat sal vind.
Groete van my Plaaskombuis.
Recommendations
Net die beste, natuurlike bestandele word in ons konfyte gebruik
Ons is geleë in die gewilde, bekende boorde van die Langkloof naby George, waar uitvoerkwaliteit vrugte verbou word. Dit is ‘n plesier om kwaliteit produkte te gebruik om konfyt te maak. Slegs die beste kwaliteit produkte word vir die suiwerste konfyt
Maak jou keuse uit ons reeks geurige blatjange
Blatjang
Kruie en speserye uit die Gwerna-tuin en die beste kwaliteit vrugte en groente van die Langkloof is ons beproefde kombinasie vir sukses. Ons geurige verpakte blatjangresepte het die eeue deurstaan.
Aanbevelings
VOEG 'N BIETJIE KRAKERIGHEID BY JOU LEWE
Ons koekieskeppings kom uit die resepteboeke van geslagte van ma’s en oumas. Saam met my eie geïnspireerde baksels word die samewerking met vorige generasies ‘n simfonie in my kombuis.
KYK NA ONS BESKUIT
Ons beskuitskeppings kom uit die resepteboeke van geslagte van ma’s en oumas. Saam met my eie geïnspireerde baksels word die samewerking, met generasies wat verby is, ‘n simfonie in my kombuis.
Om te sterf vir
Lekkers
Ons onthou almal die tuisgemaakte lekkers en lekkernye in ons ma of ouma se kombuis. Die gevulde blikke vir see-toe-gaan! Ons streef daarna om al die lekkernye van ons kinderdae te laat herleef sodat dit altyd beskikbaar kan wees om die komende geslagte te verlustig.
Beste keuse
Deli-Items
Hiermee al ons nuwe en opwindende produkte van ons Kombuis aan jou. Saam met iets besonders hier en daar uit ons jeug..
Kontak my
Kontak ons gerus vir enige vrae of spesiale versoeke.
Ons het net ‘n paar uur nodig!
Nie meer as 2 werksdae sedert jy jou uitreikingskaartjie ontvang het nie.
Vind ons hier
Wes-kaap, Suid-Afrika
- 20 km buite Uniondale, Wes-Kaap ry na George
- E-pos: theonlinefarmhouse@gmail.com
- Foon: (+27) 82 675 0104
